Die Program en Ons

Text Box: Uniekheid van Program:
Manne het nog altyd ‘n ingebore begeerte om in die bos te wees, vry te wees saam met die natuur, asook om oorlogspeletjies te speel. Hierdie program is regtig uniek, lekker en prakties, tot opbouing van manne en seuns kameraadskap in Jesus Christus.

Dis ‘n ONVERGEETLIKE  boodskap, want die geestes-stryd word in elke situasie vergelyk met werklike oorlogvoering.
Hier vorm pa en seun; pa en vriend ‘n hegte band, want samewerking tussen hulle in ‘n groepverband(“buddie”) is baie belangrik.
Ons praat oor oorlog, en ons speel oorlogspeletjies, en werk uit hoe om die “vyand” te verslaan.  So word dit dan ook in die geestes-stryd gedoen.

Prys die Almagtige Here vir die wonderlike idee !!

Meer oor Ons:
Ek is ‘n gewone man wat ‘n oproep in Julie 2007 gekry het vanaf God, om hierdie kamp te begin. God het vir my ‘n finale bevestiging in Jesaja 42 kom gee, nadat ek doodseker wou maak dit is wat Hy van my verwag.
Ek het ‘n wonderlike vrou en kind, en ons het ‘n passie om die Here te dien.

Ongeveer 20 jaar gelede, was ek aan die voorpunt van die gevegsgrond in Angola. 
Hierdie was die grootste oorlog ooit op Afrika bodem na die 2de wêreldoorlog. Die Suid Afrikaanse magte het in 1987 tot 1988 meer as 1 biljoen Rand se Russiese gevegstoerusting in Angola uitgeskiet en vernietig, in daardie 9 maande oorlog.
Op 14 Februarie 1987 (Valentynsdag) naby Cuito Cuanavalle in Angola, het die Suid Afrikaanse magte die Russies-Kubaans ondersteunde Fapla magte aangeval. My Ratel gevegsvoertuig is in die aanval uitgeskiet in Operasie Hooper, en 4 van my makkers is gedood, in wat ‘n groot verrassing vir ons was. 

Min het ek geweet, met hierdie fisiese gevegs ondervinding, kan “relate” en ek na 20 jaar geestelike oorlogvoering gaan aanbied op ‘n eenvoudig verstaanbare en maklike speel-speel manier. 
God Almagtig gebruik gewone manne vandag op fantastiese maniere, en wil elke man gebruik as soldaat in Sy geestelike weermag.

In my geestelike lewe is ek ook ‘n paar keer uitgeskiet deur ons vyand die duiwel, maar deur God se krag stry ek nou die stryd end-uit, as soldaat vir Jesus Christus. 
Met die program “Is JY reg vir die stryd ?”, wil ek graag met ander gewone manne en seuns deel, wat God wil hê ons moet weet, om die stryd enduit te stry.
Aan God Almagtig .....alle eer !!!

Doelwit Mark:
1. Die doelwit mark vir die program, is manne en seuns(slegs seuns bo 12 jaar), die konings van huisgesinne. 
2. Manne en hul “pelle” kan ook bywoon, indien hulle nie seuns het nie.
Jammer dames, ...ons teiken die konings van die gesin...maar skryf maar vir Boetie en Pappie in asseblief... J

        Is JY reg vir die Stryd ?

                           Die grootste Stryd ooit.....gaan oor jou ! ! !